Saterday-Aant In ’N Boerewoning
(The Cotter’s Saturday Night)
Dis somer, en die oestijd die is daar.
Nog warmer dage kom nou skielik aan;
Die week sijn werk, die bet hul eindlik klaar
En meer as een keer, met na huis toe gaan
Seg iedereen: " Nou kan ons môrre rus,
" Die sekels weg, en alles is op sij;
" Dan snij ons Maandag wear met nuwe lus,
"Die volk en Kleinbaas langs dieselfde rij."
Soos vader tuis kom loop die kleintjies bij,
En maak lawaai totdat sijn ore dreun,
En moeder soen die ou nes hul nog vrij,
" Naant va'er, naant moeder," seg die ondste seun,
" Naant va'er, naant moeder," met 'n fijner stem,
Volg oek die kleintjies. Op die ou sijn skoot
Daar leg en speul die jongste kind met hem,
En al sijn sorg verdwijn, en al sijn nood.
Die broers en susters sit rondom opsij,
Elk wil die ander met lets nuuts verstom;
Die tijd die vlieg so ongemerk verbij,
Totdat op laas die Voet-wasbalie kom;
Die ouwers sit, bekijk die kinders veel,
En wens dat alles goeds in hul mag blijk.
Die moeder lap en maak ou klere heel,
Dis wonderlik hoe nuut en mooi dit lijk.
Die honde blaf, daar klop een an die deur,
Elsie weet goed wie of dit is wat klop;
Sij bloos met eens, en Maatjie siet haar kleur,
"Wie is die jonkman?" seg sij toen daarop,
Toen hij ver Oom, ver Tante en Niggie groet.
Moeder was blij; hij was gen wilde klant,
Mar reg geskik. Toen Elsie hom ontmoet
Was sij so skaam, knap geef sij hom die hant,
Verblijt dat hul haar vrijer goed ontvang.
Die Ou gesels oer perde, skaap' en vee.
Die kereltjie is nou gen stuk meer bang;
Die Opsit 's maatjie oek tevrede mee.
Dis waar geluk, seg ek; ja glo ver mij!
Ek het die wereld ver en wijd deurkruis,
Mar waar jij sulke reine vrijers krij,
Daar is nog seker balsem in soo’n huis.
Is daar 'n mens, 'n siel so diep verlaag,
Hij word vervloek die so sijn God vermei
En die met valse slinkse streke waag
Soo'n liewe kind as Elsie te verlei.
Die oordeel volg, en d 'ewig jammerpoel!
Is Godsdiens, deiig, en skaamte so op 'n ent?
Het hij gen stuk gewete, gen gevoel
Ver 'n ouwers hart en ver hul kinds ellend?
Sul dek nou tafel, daar word opgedis
Rijs, kerrie, kkiitjies, en wit brood
En hotter waar die vrou op trotsig is, 'n
Kom vol melk. " Help maar jouself, neef Koot."
Wat gé Koot om al was dit koek of tert,
Hij kijk meer na sijn Elsie as na KOS.
Haar liewe oogies is horn meerder werd,
Sij lijk so fraai, en tog nie uitgedos.
Die maaltijd 's klaar, sit iedereen nou aan
Die vader nes 'n Patriarg—hij vat
Die Bijbel waar die doopregisters staan,
Die selfde Boek, wat al sijn voorouers had;
Sijn breerand hoed eerbiedig afgehaal
(Sijn baart die is al grijs, sijn hare ijl,)
Hij lees 'n Sions lied in d' ouwe taal;
" Laat ons God dienen— Hem sij eeuwig heil."
Hul sing die lied eenvoudig maar met gees
Met hart en stem—die beste reinsle taal,
En hoor andagtig as die ou man lees
Hoe Abraham Gods vrind was heeltemaal,
Hoe Moses oek ver Amelek het lat vlug
En sijn geslag verniel het uit hul land.
Of hoe die Koning-Digter het gesug
Onder Gods toorn en kastijdend hand;
Die ramp van Job, sijn voorspoed en geduld,
Of uit Jesaia, die beroemd profeet.
Dan oek misskien van Horn wat mense skuld
Gedra het an die Kruis met bloedrig sweet.
Hoe Hij die hier gen rusplaas had op aard,
Daar Bowe tog die twede naam besit;
So kniel hul voor Gods troon. Stil en bedaard
Spreek toen die Gristen-vader, en hij bid:
" Dat Hij, wat selfs die vooltjies wil behoed"
En wat met prag die lelies kan beklee,
Sijn wijse raad, so nuttig en so goed
An hulle nakroos altijd oek mag gee!
Op segepralende vleuels rijs die wens
Dat almal eens hiernamaals tog mag staan
Voor God en voor Sijn Seun, die broedermens
Om daar te ruste sonder sonde of traan."
Hoe nietig is hierbij die Priester-praal
Met siersels wat die Opperwese tart,
Waar mense in groote skare menigmaal
An God 'n diens betoon, nie uit die hart;
Hij sal in toorn die huiglaars oek verjaa,
Terwijl uit so 'n stille needrig hoek,
Hoor hij die reine sieletaal met welbehaa
En skrijf dit in Sijn ewig lewensboek.